Consolidation Loan

Loans and Lending Products

Wanneer u ons nodig het, sal ons hier wees om u te help met ’n DirectAxis Persoonlike Lening vanaf R5 000…

Wie is DirectAxis?

Vir meer as 25 jaar, is DirectAxis ’n gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer en deel van die FirstRand Groep. Oor hierdie tydperk het ons al meer as ’n miljoen lenings toegeken. Ons is trots op die feit dat ons kliënte weet dat hulle op ons kan staatmaak. Ons doen meer as net lenings – ons glo daarin om mense met die belangrike dinge te help. Ons help mense om die lewe se geleenthede aan te gryp en om hul lewens te verander.

Met ons, kán u

Hoe ’n DirectAxis Persoonlike Lening werk:

Wanneer u geld nodig het, kies ’n buigsame leningsoplossing wat aangepas is om by u en u begroting te pas.

  • Kies die leningsbedrag wat u nodig het, vanaf R5 000.
  • Besluit op ’n terugbetalings-tydperk wat die beste by u behoeftes pas, van 24 maande tot 6 jaar.
  • Indien goedgekeur, kan die geld binnekort in u bankrekening betaal word – om te gebruik soos u verkies.

Wat u nodig het om aansoek te doen:

U benodig net die volgende vir ons om u aansoek dadelik te verwerk:

  • ’n Minimum maandelikse salaris van R5 000
  • Besonderhede van u bankrekening waarin u salaris betaal word
  • Salarisstrokies van die afgelope 3 maande (indien nie beskikbaar nie, bankstate waarop u    salarisbetalings duidelik gemerk is)

U sal dalk ook die volgende moet verskaf:

  • ’n Duidelike afskrif van u ID-boek / Smart ID-kaart
  • ’n Onlangse dokument wat u woonadres bevestig

Neem asseblief kennis: u kan dalk ook gevra word om u aftrekorder te bekragtig.

’n DirectAxis Persoonlike Lening bied altyd fantastiese voordele.

  • U hoef nie vir onderhoude te kom of in lang rye te wag nie – alles kan oor die foon of aanlyn hanteer word.
  • Gewaarborgde vasgestelde terugbetalings vir u volle leningstydperk.
  • Die opsie om vroeër af te betaal of om ekstra terugbetalings te maak.
  • U doen besigheid met ’n maatskappy wat ’n gemagtigde Finansiële Diensteverskaffer is, wat deel is van die FirstRand groep, wat die Nasionale Kredietwet navolg, en wat verbind is tot verantwoordelike uitlening.
  • DirectAxis sal altyd u persoonlike finansiële omstandighede in ag neem om aan u ’n lening toe te ken wat by u behoeftes en begroting pas.
  • U kan verseker wees dat u kredietdekking sal hê in die vorm van ’n Persoonlike Beskermingsplan, wat vir u gemoedsrus by elke lening ingesluit is. Hierdie unieke plan sal enige uitstaande leningsaldo vereffen in die geval van u dood of permanente ongeskiktheid. Die plan bied selfs beperkte dekking vir tydelike ongeskiktheid en personeelvermindering. Hierdie plan is aangepas volgens u risikoprofiel en daarom sal die omvang van u dekking verskil. U is egter welkom om ’n ander polis te kies, mits die dekking wat gebied word gelykstaande is.
  • DirectAxis
    Stats

  • 24%

    Consolidation

    of customers use loans for consolidation

  • 24%

    Renovations

    of customers use loans for renovations

  • 12%

    Education

    of customers use loans for education